| Warmbad
of Bela Bela is ʼn bedrywige vakansiedorp in Limpopo. Skaars ʼn uur vanaf
Pretoria bied dit ʼn welkome heenkome vir die vakansieganger.
Vakansietye is NTK se Handelstak ook ʼn interessante besoekpunt vir
besoekers. |
| Buiteleweprodukte
en tuinbouprodukte is van die grootste verkopers by die tak maar omdat
ʼn groot verskeidenheid landbouaktiwiteite in die omgewing plaasvind, is
daar van alles en nog wat by die tak. |
| Omdat
daar groot uitbreidings en ontwikkeling plaasvind, is boumateriaal ook
ʼn goeie verkoper en veral verf verkoop uitstekend. |
|
By NTK
Warmbad
sal jy altyd iets interessants raakloop. Estelle Benadie en haar span
sorg vir
ʼn heerlike koopervaring.
|