VENDA HANDELSTAK  

 
HANDELSTAKKE
BESPROEING
MEGANISASIE
GRAAN - SILO
FINANSIES
Promosie
VAKANTE POSTE
KONTAK ONS
OMTRENT ONS




VENDA

NTK se handelstak te Venda staan bekend as Venda Farmer Supplies, ʼn welbekende gesig in Thohoyandou. In ʼn uitgerekte kommersiële gebied, lewer NTK ʼn noodsaaklike diens aan die landbouer, klein en groot.
Venda se beste verkopers is saad en kunsmis gevolg deur hoendervoere. Met groot skemas wat besig is om te ontwikkel, kan die tak nie voorbly in voorsiening nie. Seisoen in Venda is enige tyd nadat dit gereën het. Dan sak elkeen met ʼn lappie grond tot sy beskikking op die tak toe om saad te koop.
Venda is ook die moedertak van verskeie depots in die omgewing. Hierdie depots bring produkte nader aan die boere in afgeleë plekke. Hulle voorsien ook meel aan die breë publiek in die omgewing.
Venda is ʼn unieke tak en Gerhard Swart, Bestuurder van die tak, verstaan die mark en mense baie goed. Saam met lojale personeel lewer hulle ʼn belangrike diens in Venda.