| Vaalwater
is strategies geleë tussen Nylstroom en Ellisras. Die dorp
bestaan uit verskeie winkels en besighede asook laer- en
hoërskole. NTK se Handelstak bedien kommersiële sowel
as opkomende boere maar dit is veral naweekboere wat die hartklop van
hierdie tak is. |
| Vaalwater
het ʼn unieke landbousamestelling maar daar is ʼn merkbare afname in
tradisionele landboubedrywighede. Wildboerdery het oor die afgelope
jare geweldig uitgebrei en lodges het behoorlik opgeskiet in die
omgewing. |
| NTK
het aangepas by die veranderende omstandighede en voorsien ook aan die
behoeftes van die wildboer en lodge-eienaar. Voere bly steeds ʼn
belangrike produk vir die tak. |
| Louw Vellema is aan stuur
van sake by Vaalwater wat die beste diens aan sy klante lewer. |