| Tzaneen
is ʼn bruisende dorp met vernuwing en vooruitgang om elke hoek en draai.
Die dorp brei baie uit soos die inwonergetalle meer word. Byna al die
bekende kettingwinkels is in Tzaneen te vind en daar is baie skole in
die dorp. |
| NTK se
Handelstak lewer ʼn noodsaaklike diens aan die mense van Tzaneen.
Alhoewel landbou steeds die primêre bedryf van NTK is, is dit
al meer stedelinge wat die tak besoek. Ontwikkeling in die landelike
gebiede bring ook goeie besigheid in. |
| Hoendervoer,
meel, boumateriaal en baie ander produkte is goeie verkopers op
Tzaneen. Ook produkte vir die tuin en huis is sterk in aanvraag. |
| Kobus Oosthuizen is die
takbestuurder op Tzaneen. |