TRICHARDTSDAL  

 
HANDELSTAKKE
BESPROEING
MEGANISASIE
GRAAN - SILO
FINANSIES
Promosie
VAKANTE POSTE
KONTAK ONS
OMTRENT ONS




TRICHARDTSDAL

Geleë aan die voet van die majestueuse berge is Trichardtsdal. ʼn Klein dorpie met NTK as die hartklop van die gemeenskap. Meeste ander besigheid word op Letsitele of Tzaneen gedoen maar NTK poog om noodsaaklike produkte beskikbaar te hê.
Trichardtsdal is bekend vir die gehalte vrugte en groente wat in die gebied geproduseer word. Van brand pepers tot stroopsoet veselperskes sal jy hier vind.
Brandstof is steeds een van die beste verkopers by Trichardtsdal. Dit bring groot besigheid vir die tak. Hierdie diens is nie net ʼn trekpleister vir ander besigheid nie, maar ʼn groot uitkoms vir baie motoriste en pendelaars.
Takbestuurder Willie Els en sy span laat geen steen onaangeraak om klantetevredenheid te verseker nie.