|
|
|

|
| Geleë
in die Hoofstad van Limpopo, is NTK Pietersburg steeds besig om te
groei namate behoeftes in die stad, Polokwane, groei. Alhoewel landbou
nie meer die kern van die gebied is nie, speel dit steeds ʼn baie
belangrike rol in die ekonomie van die streek. NTK is onlosmaakbaar
deel van Landbou en daarom ook in Polokwane dié
landbouinsette voorsiener. |
| Maar
Pietersburgtak bedien ook die dorpenaar en verskeie
regeringsdepartemente. Omdat die tak oor ʼn wye verskeidenheid produkte
beskik, is dit die een winkel waar jy alles en nog wat te koop vind. |
| Buiten
landbouprodukte soos veemedisyne, voere, saad en kunsmis, verkoop die
tak ook baie mieliemeel, besproeiingsprodukte en vele meer. |
|
Fanie
Schoonraad
en sy personeel lewer kookwater diens aan landbouer sowel as stedeling.
|
|
|