Naboomspruit
is gerieflik geleë op die N1 Noord en ʼn halfwegstasie tussen
Gauteng en Polokwane. NTK se handelstak is buite die dor geleë
en maklik te vind as jy die silo in die oog hou.
Die
dorp het verskeie winkels en besighede sowel as nabygeleë
myne. Daar is laer- en hoërskole in die dorp.
Aanplantings
in
die omgewing het oor die jare baie afgeneem en NTK moes aanpas by
veranderende
omstandighede. Beesboerdery en wildplase is volop in die omgewing en
eiendomsontwikkeling is ook ʼn groot bron van inkomste vir die tak.
Kobus
Heystek is takbestuurder van NTK Naboomspruit.