MESSINA HANDELSTAK  

 
HANDELSTAKKE
BESPROEING
MEGANISASIE
GRAAN - SILO
FINANSIES
Promosie
VAKANTE POSTE
KONTAK ONS
OMTRENT ONS





MESSINA

Messina is ʼn bedrywige dorp met landbou en mynbou as belangrike rolspelers in die gebied. NTK se Handelstak bedien die landbouer van Messina en omgewing. Besigheid aan die anderkant van Beitbrug het die afgelope maande skerp afgeneem na wetgewing in Zimbabwe in die verband.
Myne in die omgewing het ʼn groot bron van inkomste geword vir NTK en die vooruitsig van uitbreiding van die myne beteken ʼn groot ekonomiese inspuiting vir die hele dorp.

Landbou het egter oor die jare baie verander in Messina omgewing en al is die kommersiële boer steeds NTK se beste vriend, is inloop-besigheid en opkomende boere net so belangrike deel van besigheid. Dit het tot gevolg dat NTK byna alles onder een dak verkoop.

Takbestuurder Cobus du Plessis en sy personeel lewer persoonlike diens en staan gereed om al hul klante van diens te wees.