Marken
is ʼn klein dorp, sentraal geleë tussen Vaalwater, Ellisras en
Baltimore. Dit bedien ʼn wye gebied met beide kommersiële en
opkomende boere. Naweekboere is ook volop in die omgewing en hulle vind
alles wat hul nodig het by NTK se Handelstak.
Saai-
en selfs beesboerdery het oor die jare afgeneem in die gebied maar
wildsboere het toegeneem. In kort: op Marken is daar amper iets van
elke landbouaktiwiteit te vind!
ʼn
Paar winkels vorm die dorp Marken maar NTK bly die sentrale punt van
die dorp en lewer ʼn noodsaaklike diens. Peet Thiart is takbestuurder op
Marken en wil graag ʼn selfs beter diens lewer. Sy deur staan oop vir
enigeen.