LOUIS TRICHARDT HANDELSTAK

 
HANDELSTAKKE
BESPROEING
MEGANISASIE
GRAAN - SILO
FINANSIES
VAKANTE POSTE
Promosie
KONTAK ONS
OMTRENT ONS




LOUIS TRICHARDT

Aan die voet van die Soutpansberge vind jy die pragtige dorp Louis Trichardt. Hierdie dorp het oor die afgelope jare baie uitgebrei.
NTK se Handelstak word bestuur deur Sonje Thornhill. Saam met kundige personeel staan sy gereed om haar klante van diens te wees.

Dorpenaars, opkomende boere en kommersiële boere voel almal welkom by NTK. Die produkreekse is saamgestel om in almal se behoeftes te bevredig. Voere en dieregesondheidsprodukte is altyd in aanvraag aangesien vee en hoenders ʼn belangrike landbouaktiwiteit is. Wildsboerdery is ook belangrik en het oor die afgelope jare baie toegeneem.

Diverse ander landbouaktiwiteite vind plaas. Besproeiing is ʼn belangrike afdeling in die tak en die personeel is altyd gereed om mense se besproeiingsbehoeftes aan te spreek. Alles en nog wat is by die tak beskikbaar.