Die produsent se besigheid

NTK, as deel van die VKB-groep,  is  in  1909 gestig en is vandag ‘n volhoubare, suksesvolle landboumaatskappy, met die hoofkantoor  gesetel in Nylstroom (Modimolle), 130 km noord van Johannesburg, in Limpopo. Die bestaansrede spruit uit behoeftes binne die kommersiële landbou en is gerig op waardetoevoeging vir alle belanghebbers van   die   organisasie.   ‘n  Verdere  doelwit   is  die opheffing van die gemeenskappe waarin die VKB- groep sake doen.

Die eerste graansilo in die streek is gedurende 1924 in  gebruik  geneem  en  die  eerste  handelswinkels is in 1943 geopen, wat die grondslag gelê vir die maatskappy se ryke geskiedenis.

 

Vinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.x