| Alldays.
Hierdie pleknaam beteken vir die meeste mense net een ding en dit is
jag. Alldays bestaan grootliks uit wildplase wat jaggeleenthede aan
stedeling en buitelander bied. |
| Maar
Alldays is veel meer as net jaggebied, dit is ʼn
aktieweboerderygemeenskap wat veral boer met beeste en hoenders.
Aanplantings op Alldays wissel van tamaties en pampoene tot aartappels
teen die rivier. |
| Die
dorp bestaan uit verskeie winkels en besighede maar NTK vorm die
hartklop van Alldays. Daarom kan jy alles en nog wat by NTK te kope
kry! |