LIMPOPO
-
Kontrasterende natuurskoon
-
Uiteenlopende ekonomiese aktiwiteite
-
Verskeidenheid in kulture
|
| MAAR
verenig deur die gemeenskaplike voorliefde vir die Provinsie, ʼn
allesoorheersende liefde vir die grond van ons pragtige provinsie,
Limpopo. |
Die
kremetart – vir eeue onaangeraak deur mens of tyd.
NTK LIMPOPO AGRIC BEPERK – Vir bykans ʼn 100 jaar die
hoeksteen van landbou in hierdie provinsie.
Maar anders as die kremetartboom het NTK oor sy 100 jaar bestaan
vernuwe en aangepas om in die veranderende behoeftes van alle boere van
Limpopo te voldoen; aangepas om in die behoeftes van die hele bevolking
te voldoen. |
Die
besigheid: Landbou en Leefstyl
NTK
LIMPOPO AGRIC BEPERK doen besigheid met alle landbouers in Limpopo deur
die voorsiening van landbouinsette en toerusting om sodoende waarde toe
te voeg tot alle landbou aktiwiteite. Die Handels- en Meganisasietakke
is wel bekend onder die huishoudelike naam van NTK. |
| Limpopo Graan is ʼn afdeling van
NTK Limpopo Agric wat boere ondersteun in graan hantering en berging. |
| Die
Meule te Potgietersrus is die vlagskip van ons Verwerkingsafdeling.
Flamingo en Magnifisan is bekende handelsname in Limpopo. NTK bring
voedsel na die publiek deur die netwerk handelstakke en depots asook
ander verspreiders. |
| Crown
Bag, vervaardiger van 40% van alle aartappelsakkies in Suid-Afrika is
ook deel van NTK Limpopo Agric. Alhoewel hierdie aanleg in die Vrystaat
geleë is, voorsien dit sakkies oor die hele land. |
Die
kern
Die
kern van NTK LIMPOPO AGRIC is die mense van Limpopo. Deur
gemeenskapsbetrokkenheid, borgskappe en boeredae, deur ondersteuning
aan gemeenskapsprojekte, skoue en demonstrasies, bewys NTK sy
betrokkenheid en toewyding aan die mense van Limpopo. |
| Ons
personeel blaas lewe in ons organisasie en word hoog aangeslaan deur
Direksie, Hoofbestuur en ons kliënte. NTK bewys sy
dankbaarheid
deur aansporingsbonusse en insentiewe. Ons gee om vir ons mense, die
personeel van NTK maar ook vir elke kliënt en toekomstige
kliënt. |
Waar om ons te vind
U sal ʼn NTK Handelstak in bykans elke stad of dorp in Limpopo vind. NTK
Depots is besig om ʼn algemene gesig in verafgeleë gemeenskappe
te
word. Ons silo’s kan nie misgekyk word in graanproduserende
gebiede nie. |
NTK
LIMPOPO AGRIC se hoofkantoor is in Modimolle / Nylstroom
geleë. Kontak ons gerus vir enige verdere inligting.
|